Geskiedenis van die filosofie

Die geskiedenis van die filosofie verwys na die totaliteit van teorieë en dokrines wat deur die eeue heen deur denkers geformuleer word. Volgens The Oxford Dictionary of Philosophy begin die wetenskap van die filosofie met die Indo-Iraniërs vanaf 1500 voor Christus. In die Weste verskyn vanaf die 6e eeu v.C. die eerste tekens van wat filosofie genoem word met die Oud-Griekse pre-Sokratiese denkers, gevolg deur Sokrates, wat beskou word as die ware vader van hierdie dissipline, en wie in sy voetspore volg: Plato, Aristoteles, die sokratiese skole. Die filosofie as dissipline bly groei tydens die Hellenistiese tydperk, in die besonder die stoïsisme, die epikurisme, die sinisme en die skeptiese skool, wat ook in die Romeinse tyd voortgesit word. Vanaf die latere oudheid en die middeleeue staan die neoplatonisme en die Christelike filosofie as 'n brug tussen filosofie en religie, en dié is in noue verhouding met die teologie en die Grieks-Arabiese filosofie wat in die middeleeuse filosofie ontwikkel, wat blyk uit die belang van die skolastiek in hierdie periode. Probleme wat spesifiek betrekking het op die geskiedenis van die filosofie omvat onder meer: "Hoe kan veranderinge in die filosofie histories verantwoord word?" "Hoe is die ontwikkeling van die denke uiteindelik histories te verklaar?" "In welke mate kan filosofiese tekste uit voorafgaande historiese tydperke vandag nog begryp word?"

Alle kulture - of hulle nou voorgeskiedenis prehistories, middeleeus of modern, oosters, westers, religieus of sekulêr is - het hul eie unieke skole van die filosofie, voortbou op vroeëre strominge of gestig vanuit 'n nuwe beginsel. Hierdie teorieë het gegroei uit verskillende voorveronderstellinge en benaderinge, byvoorbeeld vanuit die rasionalisme (teorieë wat voortspruit uit die logika), die empirisme (teorieë wat voortspruit uit waarneming), of selfs vanuit 'n geloofsbasis waarvoor dan filosofiese regverdiging gesoek word.

'n Geskiedenis van die filosofie probeer derglike ontwikkelinge te katalogiseer en klassifiseer met as doel die ontwikkeling van die filosofiese idees te begryp deur die tyd heen.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search